Logo
Home Tuisblad Inleiding Handleidings Kontak

’n kursus om mense op te lei om volgelinge van Jesus Christus te word

Wil jy as volgeling en leerling van Jesus Christus groei?
Wil jy andere help om as gelowiges te groei?

Bestudeer dan die vier HANDLEIDINGS VIR GROEPLEIERS by die MAAK VAN DISSIPELS en beoefen die inhoud prakties! Hierna word hulle “handleiding 1 tot 4” genoem. ’n “Dissipel” is ’n volgeling van Jesus Christus wat leer terwyl hy Hom volg.

Jesus het dissipels gemaak. Hy het gesê, Kom kyk! en Volg My! (Johannes 1:39, 43). Mense het van oral af gekom om te sien wie Hy was en te hoor wat Hy sê en te wete te kom waarmee Hy Hom besig hou. Mense volg Hom vandag in alle lande van die wêreld, omdat Hy lewens verander. Hy het ook ons lewens verander!

Later het Jesus biddend twaalf manne gekies om hulle sy dissipels te maak en hulle toe te rus vir hulle bediening. Hy het hierdie groeiende dissipels gevra om by Hom te bly, na sy woorde te luister, sy lewe waar te neem en sy voorbeeld in hulle lewe en bediening na te boots (Markus 3:13-15).

Na ongeveer twee jaar het Jesus hulle ’n opdrag gegee, Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels (Matteus 28:18-20). En hulle het gegaan en dissipels vir Jesus Christus van mense in Jerusalem en al verder weg gemaak (Handelinge 1:8). Hierdie dissipels het weer op hulle beurt dissipels gemaak tot in die uithoeke van die wêreld. Hulle het aan hulle leerlinge geleer wat hulleself geleer het (2 Timoteus 2:2). Dissipels van Jesus Christus maak nuwe dissipels op alle plekke in die wêreld.

Die apostel Paulus het geleer dat Jesus Christus vir bepaalde Christene ’n taak gegee het om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus (Efesiërs 4:11-16).

Die doel van die handleidings is om ’n Christen groepleier te help om ander christene in sy sorg toe te rus om dissipels van Jesus Christus te word. ’n Dissipel is ’n volwasse, funksionerende en volhardende Christen.

Die DOTA kursus maak die toerusting van dissipels prakties deur vir die groepleier die volgende te gee:

  1. Elke handleiding bevat 12 weeklikse lesse wat in drie maande voltooi kan word.
  2. Belangrike Bybeltekste help die studente om Christus en die Bybel goed te ken.
  3. Die groepleier behoort die vrae in die handleiding te stel en die studente te vra om die Bybelgedeeltes te lees voordat die bespreking begin.
  4. Die “aantekeninge” gee vir die groepleier ’n riglyn asook ’n samevatting van die antwoord op elke vraag.
  5. Die toerustingskursus gee praktiese metodes hoe om alleen of in ’n kleingroep die beginsels van dissipelskap te beoefen.
  6. Elke les het ’n voorbereiding om tuis te doen. Dit word aan die studente uitgedeel aan die einde van elke les.
  7. De toerustingskursus kan maklik oorgedra word aan andere. Na voltooiing van ’n handleiding met twaalf lesse, mag die studente wat van plan is om andere te onderrig ’n kopie van die handleiding ontvang.

Ons gebed is dat die Here die getal, wat dissipels van Jesus Christus word, geweldig sal laat toeneem (Handelinge 6:7).

Mag die Here hierdeur verheerlik word! Want Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. (Romeine 11:36).

Meer materiaal

Deel van hierdie dissipelskapkursus is inleidings tot alle Bybelboeke. Jy kan die volledige reeks vind by Beta-kursus, maar daar in Nederlands en Engels. Daar sal jy onder andere ’n kommentaar op die boek Openbaring vind, in Nederlands en in Engels.

Die Delta-kursus bevat ’n dissipelskapkursus rondom 50 temas. Daardie kursus volg God se optrede en Sy woorde vanaf Genesis tot Openbaring, en is beskikbaar in beide Engels en Nederlands.

Over DOTA

Die naam DOTA is in 1993 geskep toe die kursus hoofsaaklik uitgesaai is as “Discipleship Training On The Air”, ’n reeks radio-uitsendings en opleidingsessies in China. Eerste uitgawe in Afrikaans in 2013. Tweede hersiene uitgawe in 2016.

Kopiereg

Daar is kopiereg op die handleidings. Hulle mag slegs gekopieer word vir opleidingsdoeleindes. Hulle mag nie verkoop word nie. Hulle mag ook nie vertaal word in ander tale sonder skriftelike toestemming van die outeur nie.